Is nuwe aankomelinge taalgereed vir universiteit? Dit was vandag weer in die kollig in ’n onderhoud wat Ina Strydom met my en Tobie van Dyk gevoer het oor “Akademiese geletterdheid”. Ina Strydom bied die populêre radioprogram ‘Taaldinge’ elke Sondagoggend aan op RSG (Radio Sonder Grense). Ons was verstom oor die baie positiewe terugvoer wat ons van bekendes en vreemdelinge ontvang het.
So: as jy nie daarna geluister het nie, hier is ’n skakel na die potgooi.: https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-23-april-2023. Die onderhoud is in Afrikaans, maar ons kan ook in Engels daaroor gesels. Skakel gerus.
En ja! Tobie en ek sal graag ook jou terugvoer wil hê!